
Saving Today to Provide for Tomorrow. Find Your Favorite Brands and Products Here.
Vir so baie mense voorspel "ek moet gewig verloor", "ek moet weer in daardie broek inpas" en "ek moet 'n gesonder dieet volg" van die begin af 'n verlore stryd. "As ek net my kop kan regkry" word die algemene hulproep! Ja, dit is die stuikelblok - maar ook die antwoord.
In hierdie unieke boek oor gewigsverlies, sal jy insig kry oor hoe om jou HEELBREIN te gebruik om hierdie styd te wen. Jy sal ook die antwoord vind op die vraag "Wat het my denke met my gewig te doen?" In plaas daarvan dat ons vir jou sê om positief te dink, gee ons vir jou die dinkgereedskap vir sukses.
Die boek sluit ook 'n 29-dae dagboek in wat jou gaan help om nuwe eetgewoontes te anker.
"Ons is wat ons herhaaldelik doen. Uitnemendheid is dus nie 'n kuns nie maar 'n gewoonte". Aristotle