Mzansi hou daarvan om te braai. In Shisanyama het Jan gevra dat Suid-Afrikaners hul beste braai-resepte vir hom moet stuur, hy het dit met ‘n paar van sy eie gunstelinge gemeng, seker gemaak dat dit maklik is en regtig werk, en dit dan in hierdie boek geplaas! As jy dus wil weet wat Suid-Afrikaners braai, en hoe hulle dit doen, is dit die boek vir jou. Maklike resepte, met maklik beskikbare Suid-Afrikaanse bestanddele.